Wêreld VIGS-dag

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het 01 Desember 1988 verklaar as Wêreld VIGS-dag. Sedertdien word daar elke jaar ‘n Wêreld VIGS-dag op hierdie datum gehou.

Dit bied geleentheid vir gemeenskappe om te verenig in die stryd teen MIV deur ondersteuning te toon aan mense wat hiermee leef, en om diegene wat geserf het, te onthou.


Die rooi lint word wêreldwyd gebruik as simbool van die solidariteit met mense wat ‘n MIV-besmetting opgedoen het.