
UIT DIE KANTOOR
As skoolhoof is dit vir my absoluut ‘n groot eer en voorreg om deel van Mooi-Uitsig Primêr te kan wees. Die skool het oor die laaste paar jaar beweeg in ‘n sterk waarde gedrewe rigting in antwoord op van die sosio ekonomiese uitdagings waarmee ons op ‘n daaglike basis te kampe het. Een kenmerkende eienskap van die skool is dat ons ‘n omgee skool is. Met ‘n hoogs bekwame, gemotiveerde en gefokusde personeel wil ons die leerervaring van elke kind die moeite werd maak en juis daarom was ons in 2024 aangewys as die Wes Kaap Provinsie se wenners in die kategorie - "goed funksionerende inklusiewe voldiens skool" met 'n derde plek Nasionaal. "Great vision without great people is irrelevant." "The principle is not getting the right people on the bus, it's FIRST GETTING the right people on the bus." –Jim Collins Om elke leerder wat aan ons toe vertrou word 'n hoopvolle toekoms te verseker is ons terdeë bewus van hoe belangrik die betrokkenheid van alle rolspelers ook is by ons skoolsamelewing en verwelkom vennootskappe in die verband. “Alone we can do so little; together we can do so much.” –Helen Keller