Sprekersvaardigheid

Praat met Passie

Sprekersvaardigheid is deel van Mooi-Uitsig Primer se kultuur. Die doel daarvan is om leerders toe te rus met die nodige vaardighede om voor ‘n gehoor te praat met selfvertroue. Hulle leer aan hoe om met mense te praat, woorde reg uit te spreek, oogkontak te maak en hoe om toesprake te skryf. Hulle leer dus die basiese vaardighede aan om goeie sprekers te wees.