HULPBRONKLAS

Verwysings

Kurrikulum

Hoofstroomopvoeders  werk met leerders en stel vas watter leerders groot kognitiewe uitvalle toon.  Indien daar leerders is met kognitiewe agterstande, gee opvoeder die name  deur aan SGOS wie dan dinkskrum vir moontlike oplossings. Opvoeder moet dan vir ongeveer 3 weke werk met aanbevelings en vordering monitor.

Indien daar geen vordering is nie, word aanbeveel dat klasopvoeder SNA1 en SNA2  vorms moet voltooi, asook profiele met volledige vorderingsverslae en dokters verslae van leerder.  Dit word dan na skoolsielkundige gestuur wie leerders  kom toets.  Sielkundige tesame met res van DGOS bespreek hierdie gevalle en besluit of leerders IOOP-leerders in die hoofstroom behoort te wees.

Na ‘n jaar of 2 vind klasopvoeder dat daar steeds  geen vordering by sodanige leerders is nie en kom sien dan weer die SGOS. Verwysings na DGOS word weer gedoen en DGOS besluit dan op ‘n toepaslike verwysing vir sodanige leerders.

In die HBK werk die opvoeder vanaf ‘n SPESIAAL UITGEWERKTE KURRIKULUM,verskaf deur die Distrikskantoor, waarin die volgende areas vir ‘n spesifieke groep gedek word.

PERSEPTUELE GROEP

Funksionele Wiskunde

Funksionele Taal

Lewensvaardighede

Rotasieprogram

ONTWIKKELINGS – EN SKOLASTIESE GROEP

Funksionele Wiskunde

Funksionele Taal

Lewensvaardighede

Werksvaardighede

Uit hierdie kurrikulum word GROEPONTWIKKELINGS planne uitgewerk. Deurlopende evaluering, op leerder se vlak,  word gedoen en aangeteken. Die ontwikkelings en skolastiese groepe voltooi ook elk een formele assesseringstaak per leerarea per kwartaal.

Ons poog ook om ons leerders  se kunsvaardighede te verbeter deur aan hulle handwerk asook  maak bak en brou sessies aan te leer. Een keer per kwartaal het ons ‘n ouersessie waar ons die ouers  die geleentheid gee om te kom kyk wat ons met hul kinders vermag.

Ons volg ‘n rooster, ook deur Distrikskantoor verskaf,wat strek vanaf 7h45 tot 13h15 per dag. Die HBK het ook ‘n klasassistent ,wat verskeie funksies in die klas vertolk bv. neem leerders na badkamer, help veral in gevalle waar leerders met skere moet werk,ens. Op ouderdom 14 doen ons ,met ouers se toestemming, aansoek vir leerders na ‘n Vaardigheidskool.

In gevalle waar ouers weier, moet leerders uitgeskakel word en plaas ons hulle, op ouderdom 16, uit na APD (Association for People with Disabilities).