Agtergrond van ons skool

Grey Black Simple Circle Your Story (8)
Mnr. Herman Wildschut

Vreeland Primêr was die enigste skool wat leerders van omliggende plase geakkomodeer het. Op daardie stadium was Gebied K, die nuwe woongebied wat opgerig is weens verskuiwings. Vandag staan dit as Bella Vista bekend. Om in die opvoedingsbehoeftes van leerders, woonagtig in Gebied K te voorsien is die eerste skool daar gebou. Wyle mnr. Herman Wildschutt, skoolbestuurder met sy personeel en leerders het deur die sandduine vanaf Vreeland Primêr te voet die warm hitte van Ceres aangepak. ‘n Pragtige prentjie was in sig. Die skool is op 12 April 1977 geopen met 677 leerders en 20 opvoeders. 

Die eerste aanbouing van die skool was en is tot op hede ‘n opslaan konstruksie tipe. Die skool het aanvanklik eers bekend gestaan as Ceres nr. 3. In 1980 is hy ingewy en het sy huidige naam gekry. Die inwydingseremonie van die skool is deur die voormalige Direkteur van Onderwys wyle mnr. A.J. Arendse waargeneem. Die skool se hoeksteen is deur die destydse skoolkomitee geskenk en deur mnr. Japie Rooi opgerig. Mooi-Uitsig Primêr pas by die woongebied Bella Vista. Bella Vista, vanuit Italiaans vertaal beteken “beautiful view” vandaar dan ook die naam Mooi Uitsig. Omdat die skool op daardie stadium eerste in die woongebied was, het dit die breë gemeenskap gedien op opvoedkundige, geestelike en maatskaplike vlakke onder die bekwame leiding van wyle mnr. Herman Wildschutt. Dit was gou duidelik dat die skool ‘n groot bate vir ons jong gemeenskap sou wees. As gevolg van die ontbreking aan enige kerkgebou of saal, moes die skool ook as kerkgebou sy deel vervul. Dienste en bidure en ander kerklike byeenkomste is gereeld by die skool gehou. 

Pastoor C. Rhode het die skoollied geskryf. Mnr. E.S. Gorden was Mooi-Uitsig se eerste beheerliggaam voorsitter.
Die skool het vanaf die begin slegs ‘n opsigter en geen skoonmakers gehad nie en die wonderlike tye was toe die opvoeders en leerders self ingespring het om gras en boompies aan te plant.

1977 –Leerkragte: Mnrre. HD Wildschutt, C. Brown, K. Klaasen, J. Noch,
Mevv. L. Titus, E. Bailey, M. Nasson, M. Muller, T. Van Onselen, A. Klaasen, L. Philander
Me. M. Mepomie, J. Zimri, M. Muller, C. Geldenhuys, M. Hofmeester, C. Langeveldt, S. Reitz, C. Theunissen
Nie-doserend: Mnr. P. Van Rooi

Mnr. Ismael Philander

Na die aftrede van mnr. Wildschutt is die leierskapverantwoordelikheid aan mnr.I. J. Philander opgedra wat voort moes bou op daardie hoe standaard wat gestel was. Onder sy bekwame leiding  kon die skool sy mondigwording vier met ‘n formele seremonie wat  op Saterdag 25 April 1998 gehou was. Hy het voordurend die belangrike rol wat ouers speel benadruk as die skool sy leuse naamlik strewe na uitnemendheid ten volle wil nastreef.

Na mnr. Philander besluit het om die tuig neer te lê is hy opgevolg deur Mev. Caroline Kayer wat in 1998 aanvanklik eers waargeneem het as prinsipaal. Sy maak geskiedenis deur die eerste vrou te word wat as prinsipaal aangestel te word vanaf Januarie 1999. Tydens haar leierskap termyn was dat verskeie ontwikkelingsprojekte van stapel gestuur wat onder andere insluit die plaveilsel wat in 2005  gelê was, ontwikkeling te opsigte van rekenaar geletterdheid, en in 2000 die hulpbronklas (voorheen eenheidsklas). Met ‘n internasionale vernnootskap wat met  die skool Wigo in Essen, België in samewerking met die twee munisipaliteite verseker is, was die hoogtepunt egter die bou en uiteindelik die inwyding op 22 Oktober 2010 van die skoolsaal wat met die hulp onder andere van Garden Cities Archway Foundation moontlik gemaak is.

Mev. Caroline Kayer