Samaritan’s Feet is ‘n Suid-Afrikaanse NPO, wat deel vorm van ‘n internasionale humanitêre organisasie.

Hul kernfokus is om behoeftige kinders te dien wat nie skoene het nie. Hul benadering is om nie net skoene te gee nie, maar om hoop te gee. Want waarna hierdie kinders smag meer as enigiets anders naas honger, is hoop.

Wanneer hulle skoene aan kinders skenk, fokus hulle op konneksie maak. Omdat positiewe konneksie, beide fisies en emosioneel, ‘n enorme impak op kinders se lewens maak. Tyd word saam met die leerders gespandeer, en hul voete word gewas en versorg. Daar word met kinders se harte verbind,  en hul hoop en drome word aangemoedig, en hulle word daaraan herinner dat hul lewens saak maak.

“Ons projek is ‘n gelukkige en hoopvolle poging – met die doel om beide die voete en harte van die kinders te beskerm en te dien. Uiteindelik gaan ons daaroor om lewens te verander. Dié van die kinders, ons vrywilligers en ons vennote.”